CrimeNews

Polisie vind plofstof in motor in Modimolle

“Die intelligensie-eenheid het inligting ontvang dat ’n verdagte voertuig in die dorp rondbeweeg. Hulle het ondersteuning van ander polisielede versoek en die voertuig is in Pretoriusstraat van die pad getrek en deursoek.”

Drie mans wat plofstof in hul voertuig gehad het, is deur die polisie in Modimolle vasgetrek.

“Die intelligensie-eenheid het inligting ontvang dat ’n verdagte voertuig in die dorp rondbeweeg. Hulle het ondersteuning van ander polisielede versoek en die voertuig is in Pretoriusstraat van die pad getrek en deursoek,” het AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, gesê.

Thapelo Mmenu, ’n Suid-Afrikaner, en Themba Ncube en Poland Ndebele, albei van Zimbabwe, is op Maandag 19 November in hegtenis geneem en het in die hof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van plofbare stowwe. Hulle verskyn weer op Donderdag 29 November in die hof.

“Plofstof word dikwels deur misdadigers gebruik om kitsbanke of geldwaens op te blaas,” het Findlay gesê.

Die stof is na die polisie se forensiese eenheid gestuur vir verdere ondersoek om die aard daarvan te bepaal.

“Ons is gelukkig dat ons nie onlangs’n voorval in Modimolle gehad het waar ’n kitsbank opgeblaas is nie,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button