Die resep is ook in die plaaslike NG Kerk se resepteboek opgeneem.
Sy sê as sy 10 c kon kry vir elke doppie wat sy al gebak het, sou sy ’n huis kon koop. Sy deel graag hierdie bobaasresep met Die Pos se lesers:
Klits saam:
- 1 koppie botter of bakmargarien
- 1 koppie suiker
- 2 eiers
Sif saam:
- 3 koppies meel
- 2 teelepels bakpoeier
- 2,5 ml sout
Metode:
- Meng die twee mengsels goed saam. Spuit of smeer ’n klein kolwyntjiepan.
- Maak klein balletjies in die holte van jou handpalm. Plaas in kolwyntjiepan en voer kante van pannetjie uit.
- Bak by 180°C tot ligbruin.
- Doppies kan gestoor word in ’n lugdigte houer en gebruik word soos nodig met ’n soet- of soutvulsel.