LettersOpinion

Burgemeester verdien net die hoogste lof

Die klaers is gewoonlik diegene wat nie Die Pos lees of vergaderings van die sakekamer bywoon om hulle te vergewis van die bankrotskap wat van ’n uiters slinkse en magsugtige ANC-bestuur geërf is nie.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Ná die kragonderbreking op Donderdag 15 November, hoor ons die gekerm dat die agbare burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit niks aan die saak doen nie.

’n Mens kan nie glo dat daar nou nog diegene is wat nie deurentyd paraat is met alternatiewe hulpbronne in geval van nood nie. Dan roem ons dat ons nasate van die Voortrekkers is?

Die klaers is gewoonlik diegene wat nie Die Pos lees of vergaderings van die sakekamer bywoon om hulle te vergewis van die bankrotskap wat van ’n uiters slinkse en magsugtige ANC-bestuur geërf is nie.

Net die geld wat aan die veranderings van straatname bestee is, was genoeg om mense in skuilings van huise te voorsien.

Die meeste beswaardes is inderdaad diegene wat daarop roem dat hulle nog nooit gestem het of vir ’n ander party sal stem nie.

Ons agbare burgemeester, Marlene van Staden, verdien die hoogste lof vir uitstekende werk. Baie dankie ook aan ons wyksraadslid wat ons gereeld op hoogte van sake hou. Wat meer kan ons verwag as dat hulle na ons belange sal omsien?

Related Articles

Back to top button