Sport

Karatekas groet die jaar met nuwe gordels

Karatekas van die SAJKA-karateklubs van Modimolle, Bela-Bela en Mookgophong het op Vrydag 2 November in Modimolle ’n graderingseremonie bygewoon waartydens hulle na die volgende gordelvlak gegradeer het. Die klubs was geëerd om sensei Johan le Grange, hoofinstrukteur van SAJKA-karate, by die seremonie te hê.

Karatekas wat na geelgordel 2 gegradeer het is Ebert van der Merwe, Keitumetse Malebe, Kgosietsile Malebe en André de Beer. Agter is Ricky de Kock, Dean Roux (oranje 1), Jake Monulu, Itu Malapane en Michael Cronjé.

 

Hierdie karatekas het van geel na oranjegordels gegradeer. Voor is Tebogo Mojela, Gundo Hlabioa en Quintin Coetzee. In die middel is Paige Cronjé, Hannes Claassens, Buitemelo Mojela en Michael Behr. Agter is Odette van der Merwe en Dawn Swanepoel.

 

Die karatekas wat van oranje 1 na 2 en na groengordels gegradeer het, is Rees Mills, Gerald Laing, Dandré Haggard en Thuto Manji (vorder na groen 1). Agter is Neil Roux, Lutendo Hlabioa, Valerie Monulu, Juan Groothof (vorder na groen 1) en Kgwerano Matabane.

 

Hierdie karatekas het van groen- na blougordels gegradeer. Voor is André Esterhuizen. In die middel is Tabane Matabane, Bertus van Wyk en Altus van der Merwe. Agter is Francois Celliers en Pieter Pretorius.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button