GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Ricardo doen dit weer!
Ricardo Booysen van Hoërskool Warmbad het al voorheen gewys dat hy ’n krieketkolf kan swaai. Hy is ingesluit in die o.17-Limpopo-krieketspan wat van 12-17 Desember aan ’n nasionale toernooi in Durban deelneem. Foto: Herman Steyn

 

Hierdie Waterbergers weet hoe om ’n ses te slaan. Rinus Jacobs van Hoërskool Warmbad en Tristan Snyman van Hoërskool Hans Strijdom het ’n puik prestasie behaal deur ingesluit te word in die o.19 SA Bokkiespan (krieket) wat van 1-11 Desember aan ’n toernooi in Sri Lanka deelneem. Foto: Herman Steyn

 

Die karatekas van die SAJKA-karateklub wat op Vrydag 2 November in Modimolle van ’n wit- na ’n geelgordel gevorder het, is Mmathabo Mohlala, Naledi Magana, Eben Groothof en Willie Nelson.

 

Amoné van Niekerk en Albert Groothof van die Warmbad-tuimel- en gimnastiekklub het op Saterdag 29 September aan die tuimelkompetisie van die Suid-Afrikaanse gimnastiekfederasie (SAGF) in Pretoria deelgeneem en puik presteer. Amoné het ’n eerste plek verower en Albert ’n derde plek. Hulle het ook aan die SAGF SA-gimnastiekkompetisie deelgeneem. Albert het daar ’n derde plek in spronge behaal en Desiré Jacobs (afwesig op die foto) het ’n tweede plek in spronge behaal.

 

Laerskool Nylstroom se o.11-krieketspan kraai koning in Limpopo! Die span het op Woensdag 31 Oktober kragte by Laerskool Piet Hugo in Polokwane teen Laerskool Phalaborwa gemeet in die finale provinsiale ronde. Die Nylies het geseëvier. Voor is Stiaan Opperman, Tiaan Steffen, Tiaan Bestbier (afrigter), Jannes van Zyl en Kaden Hayes. In die middel is HP van Heerden, Juan Groothof en Diederik van der Merwe. Agter is Jesse-Dean Nortjé, Wihan Bezuidenhout, Marko van Rheede, Leander Janse van Rensburg en Keenan Janse van Rensburg. Foto: Herman Steyn

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button