Local newsNews

Twee sterf in ongeluk op Codrington-pad

Twee mense is op Vrydag 9 November dood toe ’n Ford Ranger-bakkie met ’n Hyundai-vragmotor op die N1-snelweg net voor die Codrington-afrit buite Bela-Bela gebots het.

Matome Moremi, provinsiale verkeerswoordvoerder, het by navraag gesê die ongeluk het ongeveer 07:30 plaasgevind. Die bakkie het na bewering in die agterkant van die Hyundai vasgery.

Die Hyundai was langs die pad geparkeer toe die ongeluk plaasgevind het, het Moremi gesê. Die trok het blykbaar tegniese probleme ondervind, waarna die voertuigbestuurder langs die pad stilgehou het sodat hy en sy passasier kon kyk wat fout is.

Die trokpassasier, ’n 40-jarige Zimbabwiese man, en die bestuurder van die Ford-bakkie, ’n 64-jarige man, is volgens die polisie op slag dood.

Die name van die oorledenes is aan Die Pos bekend, maar kan nie gepubliseer word voordat hul families opgespoor is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button