LettersOpinion

Ons wil ook lees oor skelms wat in Mookgophong vervolg word

Ons sal ook graag wil weet hoe misdadigers vasgevat word.

“Nuus”kierig, Mookgophong, skryf:

In Die Pos van Vrydag 2 November word berig oor talle misdadigers wat in die hof in Bela-Bela en Modimolle verskyn het.

Daar is egter geen inligting van sulke optredes in Mookgophong nie. Ons sal ook graag wil weet hoe misdadigers hier vasgevat word. Dit gee vertroue dat die vervolging van misdadigers wel gebeur en ’n toename of afname in misdaad kan gemeet word.

Deur beriggewing kan meer inwoners aangemoedig word om paraat te wees en deel te word van ’n forum wat misdaad bekamp.

Met die Kersseisoen voor die deur word almal weer daaraan herinner om op hul hoede te wees. Ons vertrou dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens gereed is om op te tree teen misdadigers.

Related Articles

Back to top button