Community galleriesGalleries

Jagters vereer by jaarlikse prysuitdeling

Die Bosveld-jagtersvereniging se Waterbergtak (BJV) het op Vrydag 2 November hul jaarlikse prysuitdeling by Castle de Wildt buite Modimolle gehou waar lede vir hul prestasies vereer is.

Die jagters wat veral uitgestaan het, was Pat Loots met sy swartwitpens (46,37 duim) en bastergemsbok (33,25 duim), Riaan Lourens met sy vaalribbok (8,50 duim), Clifford Williams met sy kromhoringgemsbok (41,56 duim) en Delmarie Lourens met haar springbok (14,50 duim). Williams en Loots se trofeë het die Suid-Afrikaanse rekordboek gehaal.

Die Honoris signum-toekenning vir meer as 10 jaar uitstekende diens aan die BJV, is toegeken aan Jan van Hoogen-boezem (regs). Hy ontvang die prestigetoekenning van André van der Merwe, president van die BJV.

 

Koos Pienaar (regs) is as algehele wenner van die BJV Waterbergtak se top 10-skietkompetisie aangewys. Hy ontvang sy toekenning van Jannie Engelbrecht (links), organiseerder van die tak se skietkompetisies.

 

Pat Loots, BJV-lid, het twee top- toekennings vir sy trofeë wat hy tydens die seniormans-kompetisie geskiet het, ontvang.

 

Ruben Lourens (8), kranige skut en jagter, het 12 toekennings ontvang. Ruben is onder meer aangewys as die junior binnelandse kampioen en junior grootkampioen. Saam met hom op die foto is Nico Weppener, uitvoerende voorsitter van die BJV.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button