GalleriesSchools galleries

CVO-leerders skitter by prysuitdeling

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Donderdag 25 Oktober op glansryke wyse hul jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid aangebied waar die toppresteerders beloon is. Herman Steyn het die foto’s geneem.

Die nuwe leiers vir die laerskool is Christiaan Prinsloo, Ruan Campher, Henru Botha (hoofseun), Glaudette Schoonraad (hoofmeisie) en Vanja Viviers.

 

Santie Botha, opvoedingsraad: kultuur, oorhandig die trofee aan die topkultuurleerder in die laerskool, Henru Botha.

 

Marianne van Rooyen is as kultuurmeisie van die jaar (hoërskool) aangewys. Sy ontvang die trofee van Santie Botha, opvoedingsraad: kultuur.

 

Colin Boshoff is die kultuurseun van die jaar (hoërskool). Santie Botha, opvoedingsraad, oorhandig die wisseltrofee.

 

Anna-Mart Jansen is aangewys as die Duxleerder vir 2018. Die toekenning is gemaak op grond van akademiese prestasies. Hier ontvang sy die wisseltrofee van Willie van Rooyen, voorsitter van die opvoedingsraad.

 

Henco Meyer is aangewys as die laerskool se sportseun van die jaar.

 

Mariska Kruger is die hoërskool se sportmeisie van die jaar.

 

Jano le Roux is die hoërskool se sportseun van die jaar.

 

Melienke Vermaak is die laerskool se sportmeisie van die jaar.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button