Local newsNews

Kunsuitstalling spog met plaaslike talent

Altesame 29 skilderye is tydens twee dae verkoop.

Die jaarlikse kunsuitstalling van Die Kat Kom Weer-kunskafee in Mookgophong het weer vanjaar met plaaslike talent gespog.

Meer as 200 kunswerke wat die afgelope jaar deur kunsstudente van die dorp gemaak is, is op Vrydag 2 en Saterdag 3 November in die ou hotel in die dorp uitgestal.

Altesame 29 van die skilderye is tydens die twee dae verkoop.

Dit is vanjaar die vierde keer dat die uitstalling gehou word. Corietha Müller, eienaar van die kunskafee, het aan Die Pos gesê sy is ontsettend trots op al die studente en hul kunswerke.

Die kunswerke het bestaan uit skilderye van verskillende mediums, beeldhouwerk en pottebakkerswerk.

Van die kunstenaars het vir die eerste keer werke op ’n uitstalling gehad en was verheug oor die blootstelling.

Die ondersteuners en kliënte was mense wat van so ver as Gauteng gekom het.

Helena Malan van Pretoria is elke jaar by die uitstalling en koop elke keer vir haar ’n skildery. Daar was heerlike verversings wat keurig deur Anet Law, eienaar van die hotel, bedien is.

Marlene van Staden, Modimolle en Mookgophong se burgemeester, ondersteun gereeld die uitstalling en het self ook ’n kunswerk aangeskaf.

Sowat 150 kunsliefhebbers het die uitstalling bygewoon.

Related Articles

Back to top button