LettersOpinion

Waar is huurders se betalings?

Ná meer as twee dekades van jakkalsstreke deur die voormalige ANC-bestuur, haal die huidige DA-alliansie stadig maar seker een vir een wurm uit die blik.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Die vraag aan Patrick Shika, munisipale woordvoerder van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, vir kommentaar waarom huurders van munisipale plase opgehou het om huurgeld te betaal (Die Pos, Vrydag 26 Oktober) het my genoop om te reageer.

Ná meer as twee dekades van jakkalsstreke deur die voormalige ANC-bestuur, haal die huidige DA-alliansie stadig maar seker een vir een wurm uit die blik.

Dit lyk asof daar ’n groot skelmstreek skuil agter die beweerde verhuring van 350 hektaar teen R55, 225 hektaar teen R10, asook 300 hektaar teen R10.

Dit is veral ná 1994 dat die Landbank lenings van miljoene rande aan voornemende swart boere beskikbaar gestel het met die doel om aanteelbeeste te koop.

Om te kwalifiseer vir sodanige lenings, was slegs die bewys van weiding nodig.

Dit skep die vermoede waarom die munisipale plase teen ’n appel en ei aan kaders verhuur is.

Dit is bekend dat lenings wat bekom is, nie vir die aankoop van beeste aangewend is nie, maar om voertuie, veral minibusse, te koop. Die gevolg is dat weiding nie nodig is nie en betalings gestaak word.

Slegs die Landbank is in staat om te bepaal of van hierdie huurders geld geleen het om beeste te koop of nie.

Ook waar beeste is indien beslaglegging weens skuld oorweeg word.

In terme van die Wet op Verblyfreg Wet 62 van 1997 kan okkupeerders van sulke plase daarop aanspraak maak. Gevolglik behoort regstappe oorweeg te word om huurooreenkomste nietig te verklaar indien die korrekte tenderprosedures nie gevolg is nie.

Related Articles

Back to top button