NewsSchools

Ligte, kamera, aksie in Vaalwater

Die paddakoor van feëtjieland, die narre, cowboys, motorfietsryers, rasieleiers en Thysie en sy moeilike Brakpanmeisie was almal daar.

Laerskool Vaalwater het van Woensdag 24 Oktober tot Vrydag 26 Oktober ’n puik revueproduksie met ’n karnavaltema op die planke gebring.

Die meeste van die items het voor die karnavalstalletjies afgespeel met die groot rondomtaliewiel in die agtergrond.

Soos by enige karnaval was besoekers welkom.

 

’n Feëtjieland het voor die oë van die gehoor afgespeel toe die gr. R-leerders se paddakoor, die pragtige fëetjies en Hompie Kedompie opgetree het.

 

Die paddakoor van feëtjieland, die narre, cowboys, motorfietsryers, rasieleiers en Thysie en sy moeilike Brakpanmeisie was almal daar.

Ook ’n groep tieners uit die 60’s, die weermag, ’n stampvol bus toeriste, atlete en die “cool kids”.

Die gala-aand op Vrydag 26 Oktober was ’n vrolike uithanggeleentheid met kreatiewe tafelversierings en baie kleurvolle ballonne.

Die koel weer het ook saamgespeel want die spelers sou maar swaar gekry het met die warm kostuums en grimering in die volgende week toe die kwik erg in die dorp gestyg het.

Die Vaalwater-omgewing het boonop op Donderdag 1 November kragonderbrekings weens ’n groot haelstorm ondervind.

Die Valies het met dié produksie gewys dat samewerking, geesdrif en ywer tot sukses lei.

Die skool bedank al die personeel, leerders en ouers vir hul toewyding wat bygedra het tot die suskesvolle produksie.

Related Articles

Back to top button