Home/Galleries/Oor die wenstreep… GalleriesSports galleries Oor die wenstreep… Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg. November 8, 2018 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Karabo Mokupi, die jong man van Modimolle met die vinnige vuiste, kom op Saterdag 24 November teen Prince Kata van Zimbabwe te staan in Malamulele. Hy boks in die lig/swaargewig-afdeling en is tans 741ste op die wêreldranglys en sesde in Suid-Afrika. Mokupi droom daarvan om ’n bokskampioen te wees en werk hard daaraan om sy droom te verwesenlik. Mokupi en Kata sal oor agt rondes van drie minute elk kragte meet. Op die foto is afrigter Peet Oberholzer en Adele Pretorius van Obie’s Boxing en Fitness Academy saam met Mokupi. Angelic Louw, ‘n 15-jarige leerder aan Hoërskool Warmbad, tel die dae af na wanneer sy in Desember na Amerika vertrek om haar passie in dans voort te sit. Angelic het ‘n beurs deur die organisasie Power in Dance verwerf. Volgens Wandi van Wyk, haar dansinstrukteur van Bela-Bela, gaan Angelic by die Millennium Dance Complex met wêreldklas choreograwe werk. Sy sal vanaf 5 tot 10 Desember by Disney World in Florida dans, waarna sy tot Sondag 23 Desember in Los Angeles sal wees. ‘n Spesiale dankie aan elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het om Angelic se drome ‘n werklikheid te maak. You can read the full story on our App. Download it here. November 8, 2018 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print