LettersOpinion

Waar is die Kruger-miljoene?

Daar is sekerlik meer geld bestee om hierdie skat te probeer opspoor as die waarde daarvan.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Baie van ons ou gardes sal seker die verhaal van die Kruger-miljoene, wat tydens die Anglo-Boereoorlog verdwyn het, onthou.

Daar is sekerlik meer geld bestee om hierdie skat te probeer opspoor as die waarde daarvan.

’n Terugblik op die verhaal mag vir sekere nuuskieriges en dié wat help soek het, interessant wees.

Pres. Paul Kruger en van sy amptenare het op 30 Mei 1900 van Pretoria per trein na Machadodorp, die nuutverklaarde hoofsetel van die regering vertrek. Dit was die begin van sy uittog.

Net voordat Lord Roberts Pretoria op 5 Junie 1900 binnegery het, het genl. Jan Smuts, ’n staatsprokureur, die laaste staatsmunt van half miljoen pond in geld en goudstawe op een van die laaste treine na Machadodorp gelaai. Die geld en goud is nooit weer gesien nie en dit is waar die legende van die versteekte Kruger-miljoene sy oorsprong het.

Intussen duur die soektog voort.

Related Articles

Back to top button