Local newsNews

Kom neem deel aan voëlsensus by Nylsvley

Die Nylsvley-natuurreservaat hou binnekort sy 20ste jaarlikse voëlsensus.

Dié bekende bewaringsgebied is die tuiste van sowat 400 voëlspesies, insluitend 102 watervoëls wat in die vleilande broei.

Die Vriende van Nylsvley is op soek na ervare voëlkykers om deel te wees van die 24 uur spesietelling. Die sensus vind plaas van Vrydag 25 Januarie tot Sondag 27 Januarie.

Die bekende voëlkenner dr. Warwick Tarboton sal praat oor die ongelooflike biodiversiteit van die Waterberge. Dr. Melissa Whitecross sal ook ’n spreekbeurt hê.

“Die uitslae van die sensus oor die afgelope jare was noemenswaardig konstant as ’n mens die weer tydens elke telling in ag neem. Dit is goeie nuus, want dit is nodig dat ons weet dat ons voëls ’n goeie en permanente habitat by Nylsvley het,” het Marion Mengell van Vriende van Nylsvley gesê.

Die Wits-voëlklub ondersteun dié poging geldelik.

Verblyf, wat etes insluit, is beskikbaar vir voëlkykers en ’n piekniekmandjie sal voorsien word om te geniet tydens die sensus.

Vir meer inligting, bel vir Mengell by tel. (012) 667 2183 of stuur ’n e-pos aan friendsnylsvley@mweb.co.za(.)

Related Articles

Back to top button