Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die Pos het die afgelope week afskeid geneem van Carina Bester wat drie jaar lank aan die hoof van ons proefleeskantoor in Bela-Bela gestaan het. Sy het ’n pos by AfriForum se hoofkantoor in Centurion aanvaar. Die Pos verwelkom vir Sue Kotze, wat jare lank by Hoërskool Warmbad betrokke was, in Bester se plek in ons Bela-Bela-kantoor.

 

Die Bela-Bela-polisie het op Maandag 29 Oktober dié Nissan-bakkie naby ‘n inkopiesentrum in Potgieterstraat opgemerk. By nadere ondersoek is ’n verdagte in hegtenis geneem en aangekla van die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig. Volgens sers. Hester van Zyl, polisiewoordvoerder, is die voertuig in Junie ver-lede jaar in Pretoria gesteel. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

 

Tamaryn Botha van Bela-Bela het verloof geraak aan Byron Naidoo van Durban. Die paartjie beplan om op Saterdag 15 Desember te trou en hulle in Durban te vestig. Botha het etlike jare by Herman & Oberholzer Prokureurs in Bela-Bela gewerk. Haar verloofde is ’n netwerkbestuurder in Durban. Botha se ouers, Johan en Wanthi, wens haar alle geluk, vreugde en voorspoed toe wanneer sy en Naidoo in Desember die knoop deurhaak.

 

Theresa Knoetze (takvoorsitter) en Marietjie de la Porte, albei lede van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Sonskyntak in Bela-Bela, by die pragtige kussingsloop waarmee De la Porte ’n gesogte naaimasjien gewen het. Die kompetisie is tydens die VLU Noord se kongres by die Weesgerus-vakansieoord buite Modimolle gehou.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button