NewsSchools

Modimolle-onnie met spogprys vereer

’n Leerkrag van Modimolle is aangewys as die provinsie se beste onderwyser vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes.

Annelie Schmidt van die Susan Strijdomskool vir Buitengewone Onderwys het haar toekenning op Donderdag 18 Oktober tydens die prysuitdeling in Polokwane ontvang. Sy is eers aangewys as die Waterbergstreekwenner en daarna in Limpopo, in die kategorie vir “uitneme-ndheid in onderwys vir spesiale behoeftes”. Sy sal Limpopo in dié kategorie verteen-woordig in die landwye finale ronde wat in November in Johannesburg plaasvind.

Die kompetisie bestaan uit tien kategorieë en deelnemers word oor ’n wye spektrum getoets. ’n Aantal vrae word aan hulle ge-stel, waarvolgens deelnemers ’n aanbieding moet voorberei.

Schmidt, wat 13 jaar ondervinding in onderwys vir leerders met spesiale behoeftes (LSOB) het, is ook gekies as een van slegs twee onderwysers in Limpopo om die nuwe LSOB-kurrikulum te skryf in samewerking met ander gekose onderwysers van regoor die land, het Isabel Boshoff, hoof van dié skool, gesê.

Sy is by die skool aangestel om as voor-sitter te dien en só die loodsskoolprojek te bestuur om die nuwe kurrikulum te implimenteer.

Boshof het gesê sy is besonder trots op Schmidt. “Haar toegewydheid aan die skool en strewe na beter kurrikuluminhoud het haar die prestasie besorg,” het sy gesê. “Dit is ’n bewys dat Susan Strijdomskool een van die beste LSOB-skole in die provinsie is.”

Related Articles

Back to top button