CrimeNews

Buurtwag vat hande met polisie

Gedurende ’n patrollie gehou is, is 12 mense in hegtenis geneem vir onder meer dronkbestuur en onwettige immigrasie.

Die AfriForum Nylstroom-buurtwag het die polisie se hand gesterk tydens twee misdaadvoorkomende aksies wat in die dorp gehou is.

Lede van die buurtwag het gedurende die naweek van 29 en 30 September aan ’n padblokkade deelgeneem waartydens 183 voertuie en 224 persone deursoek is. Daar is ook 55 voertuie getoets. Gedurende ’n patrollie wat die Saterdagaand gehou is, is 12 mense in hegtenis geneem vir onder meer dronkbestuur en onwettige immigrasie.

Riaan Holtzhausen, voorsitter van die buurtwag, het gesê die klopjag was ’n reusesukses danksy goeie samewerking tussen die verskillende organisasies.

“Die klopjag is vir ons weer ’n bewys dat daar waar die gemeenskap saamstaan, saamwerk en die polisie ondersteun, ’n daadwerklike verskil gemaak kan word. AfriForum sal graag wil voortbou op hierdie sukses en die bande tussen die buurtwag en die polisie verder versterk.”

Hy het die polisie bedank vir die goeie werk wat hulle in die gemeenskap verrig, asook hul bereidwilligheid om vrywilligers by hul operasies te betrek.

Om betrokke te raak by die buurtwag, bel vir Marie Scheepers by tel. 071 292 0093.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button