GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Verre-Noord o.19-krieketspan het tydens die Somer Bokkieweek, wat van 3-6 Oktober in Vereeniging aangebied is, as die topspan uitgetree. Dit is die eerste keer dat hierdie span, wat uit 12 spelers van Bela-Bela, Modimolle, Mookgophong, Thabazimbi, Lephalale, Tzaneen en Polokwane bestaan, gewen het. Die span het die Vaaldriehoek-krieketspan in die finale ronde met sewe lopies gewen. Ricardo Booysen van Bela-Bela is vir die Suid-Afrikaanse Bokkiespan gekies. Op die foto is die span ná hul sege. Hulle word deur Morné en Gerhard Odendaal afgerig.

 

Die eerste hokkiespan van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Saterdag 22 September aan die semi- en finale hokkie-uitspeelronde van Limpopo deelgeneem. Hulle het albei hul wedstryde gewen en die span is as wenners van Limpopo aangewys. Voor is Cara van Rooyen, Elodie van Emmenes, Chinika Pretorius en Lani Briel. In die middel is Chaldené Burger, Izabella Rentroia, Isabelle de Beer en Juané Kühler. Agter is Jani van Heerden (afrigter), Anja Labuschagne, Marli Hoffmann, Michelle Peens en Kayla Pretorius.

 

Charl Stander, visekaptein van die Kokanje-rolbalklub in Modimolle, staan by Nico Botha en Daan Riekert wat die wenners was van die klub se borgdag in September.

 

Laerskool Vaalwater het op Dinsdag 28 Augustus tydens ’n hokkiedag skoonskip teen die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool (Mookgophong) en Waterberg Academy (Vaalwater) gemaak. Die span, wat uit leerders van verskillende ouderdomme bestaan, het ook met 3-2 teen Laerskool Thabazimbi gewen. Heel voor op die foto lê Grace Moeng. In die middel is Kyarah Schabort, Danike le Roux, Lebo Monyela, Caitlyn Celliers, Lené Smit en Marzel Derckson. Agter is Marisha Benade, Kyra le Roux, Leani du Toit, Ilse Joubert (hulpafrigter), Makayla Keating, Charné Verster en Lethabo Mokgoto.

 

Ruben Kotze en Hannes Fourie, leerders aan Hoërskool Hans Strijdom, is gekies vir die Bokkiespan se o. 14-Verre-Noord-sewesrugbyspan wat tydens die Oktober-vakansie aan ’n toernooi in Vereeniging deelgeneem het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button