LettersOpinion

Talle vrae oor land se bande met China

Suid-Afrika is in die moeilikheid.

Karel Niewenhuis, Vryheidsfront Plus: adjunkprovinsiale leier, skryf:

Die Suid-Afrikaanse regering het onlangs ’n beleggingsooreenkoms van $1,1 miljard met die Bank van China aangegaan.

Dit laat ’n nuwe stel vrae soos wurms uit ’n komposhoop kruip.

Gaan ons eie werkloses droëbek toekyk terwyl China sy eie werkloosheid verlig?

Gaan Chinese burgers die land instroom en gaan hierdie “nuwe landsburgers” skole, hospitale en huise nodig hê?

Vanselfsprekend wil die Chinese beleggers dividende op hul beleggings sien en massiewe bedrae moet met rente terugbetaal word. As dit nie gebeur nie, loop Suid-Afrika dieselfde pad as ander Afrika-lande waar China skuldvergelyking toegepas het deur op bates beslag te lê?

Gaan grondstowwe na China uitgevoer word in ruil vir infrastruktuur en gaan die Chinese betrokke raak by politieke prosesse?

Suid-Afrika is in die moeilikheid. Die ekonomie is, as gevolg van die regering se voorgenome onteieningsplan en swak beleggersvertroue, in ’n tegniese resessie met verdere afgradering op die horison. Die rand is op sy laagste in 10 jaar teenoor oorsese geldeenhede.

Dit is nie net die aandelemark wat geraak word nie, maar dit kring uit tot by die bekostigbaarheid van kos op my en jou tafel. En dit laat ’n mens wonder — is daar iets wat die regering kan oortuig hulle laat die land doodbloei deur onteiening sonder vergoeding? (Brief verkort. — Red.)

Related Articles

Back to top button