LettersOpinion

Moordsyfer ’n skokkende 6 066

Die feit dat 6 066 moordsake die afgelope jaar in die noordstreek by die polisie aangemeld is, is sorgwekkend.

Hillel Coetzer, AfriForum: streeksveiligheidshoof vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga, skryf:

Bheki Cele, minister van polisie, het op Dinsdag 11 September die nasionale misdaadstatistieke vir 2017/2018 bekendgemaak.

Volgens Cele het die moordsyfers in Mpumalanga met 3,4% afgeneem en poging tot moord met 5,7% . Roof met verswarende omstandighede het met 0,8% gestyg en gewone roof toon die afgelope jaar ’n afname van 13,9%.

In Limpopo het moord met 12,1% toegeneem, poging tot moord het met 6,6% toegeneem, roof met verswarende omstandighede het met 4,5% gestyg en gewone roof toon ’n afname van 2,2% oor die afgelope jaar.

Moord in Gauteng het met 3,2% toegeneem, poging tot moord het met 8,4% afgeneem, roof met verswarende omstandighede neem af met 3,9% en gewone roof sien ’n afname van 2,2% die afgelope jaar.

Die feit dat 6 066 moordsake die afgelope jaar in die noordstreek by die polisie aangemeld is — Mpumalanga (922), Limpopo (911) en Gauteng (4 233) — is sorgwekkend.

AfriForum sal die noordstreek ’n fokusarea maak om veiligheidstrukture te vestig om misdaad proaktief en binne die raamwerk van die wet te bekamp. AfriForum het reeds gevestigde veiligheidstrukture in al drie van die noordstreekprovinsies en wil graag ’n beroep op gemeenskapslede en ander veiligheidsinstansies doen om betrokke te raak en saam te werk om sodoende te help om misdaad hok te slaan. Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na tel. 45353 (R1).

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button