LettersOpinion

Dankie dat kruis weer op sy plek is

Kranskop is die oerbeeld waaruit Gerhard Moerdyk sy inspirasie vir die ontwerp van die Voortrekkermonument in Pretoria gekry het.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Baie dankie aan elkeen wat bygedra en deelgeneem het aan die poging om die kruis op Kranskop te herstel en terug te plaas op sy plek.

Dié kruis het vir Christene ’n besondere betekenis.

Kranskop is die oerbeeld waaruit Gerhard Moerdyk sy inspirasie vir die ontwerp van die Voortrekkermonument in Pretoria gekry het. Die voet van hierdie berg was die ver-gaderplek van die Voortrekkers wat noordwaarts onderweg was.

Volgens sekere stamme is Kranskop die tuiste van koninklike voorvadergeeste en die plek waar die sterkste toormedisyne gevind word. Toeka se tyd is misdadigers eers gemartel en dan van die kranse na hul dood afgegooi.

’n Rotsplaat waarin oënskynlik handmerke en voetspore voorkom, het bygedra tot die naam Modimolle (die voorvadergeeste eet).

Kranskop en die dorp Modimolle, sowat 12 km weg, het egter na my mening histories niks in gemeen nie.

Ek kan daarom nie begryp waarom die regering die dorp Nylstroom na Modimolle hernoem het nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button