Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die NG Warmbad Moedergemeente hou op Saterdag 6 Oktober, in samewerking met die ATKV Waterberg-tak, ’n ontbyt saam met Mev. Doof Suid-Afrika Lourindia Janssen, om haar te help om geld in te samel. Janssen gebruik hierdie fondsinameling om mense bewus te maak van doofheid en om dowes te help. Bekende sanger Rouel Beukes sal tydens die ontbyt optree, asook die wenners van die ATKV Waterberg-kunsfees. Kaartjies kos R60. Vir meer inligting bel vir Patrys Venter by tel. 084 511 4682 of vir Pikkie Pienaar by tel. 083 747 1790. Foto: Facebook

 

Die VLU se Olienaandtak in Modimolle het meer geleer oor die siekte listeriose. Jacqueline Odendaal het die probleem met behulp van ’n skyfievertoning aan die vroue verduidelik. Op die foto is haar man, ds. Riaan Odendaal (voor), en agter is Vivienne van der Merwe, Odendaal en Retha Prinsloo. Die tak het ook op Dinsdag 18 September takvergadering gehou met die studierigting landbou as tema. Die vroue het die boom van die jaar, ’n geelhoutboom, op Prinsloo se plaas geplant. Die Olienaandtak bied aanstaande jaar die Soetdoringstreek se konferensie aan en is hard aan die beplan om geld daarvoor in te samel.

 

Linda en Steven Korff het op Vrydag 10 Augustus by Tempie Teëls buite Modimolle getrou. Linda is Meisie Bossert van Mookgophong se dogter en Steven is Fanie Korff en Helize Jacobs van Nelspruit se seun. Die egpaar woon in Modimolle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button