Local newsNews
Wind keer nie Kansa-ondersteuners by ‘Relay’ nie
Nie eers die stormsterk wind kon hierdie dag onderkry nie.
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Waterberg-tak het op Saterdag 8 September die Kansa Relay for Life-byeenkoms by ATKV-Klein-Kariba buite Bela-Bela se gholfbaan aangebied.
Die doel van die byeenkoms was om mense bewus te maak van die gevare van kanker, om geld vir Kansa in te samel en om kankerlyers en –versorgers te eer.
Ondanks sterk wind, het deelnemers soos “superhelde” aangetrek en baie pret gehad.