LettersOpinion

Wie was Christiaan Beyers?

Weet plaaslike inwoners wie Generaal Christiaan Beyers was?

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Voor die hek van die Nylstroomse konsentrasiekampbegrafplaas waar 544 vroue en kinders tydens die Anglo Boereoorlog (ABO) begrawe is, staan ’n rots waarop ’n kopbeeld van genl. Christiaan Beyers gemonteer is.

Weet plaaslike inwoners ooit wie hy was?

Beyers was die bevelvoerder van die Boeremag in Limpopo tydens die ABO. Hy was die voorsitter tydens die vredesverdrag wat op 31 Mei 1902 tussen Boer en Brit gesluit is.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog (1914–1918) het die Unie-verdedigingsmag onder genls. Louis Botha en Jan Smuts besluit om Engeland teen Duitsland te steun.

Beyers en verskeie ander generaals wat in die ABO gedien het, het besluit om te rebelleer en daar is toe militêr teen hulle opgetree.

Tydens ’n poging op 8 Desember 1914 om deur die Vaalrivier naby Bothaville te ontsnap, is Beyers en sy boesemvriend Jan Pieterse doodgeskiet. Hulle lyke het twee dae later by Makwassie uitgespoel en is op ’n plaas wat as Beyersrust hernoem is, begrawe.

Amptelik word voorgegee dat Beyers aan ’n hartkramp gesterf het terwyl Kerneels Niemandt, ’n wag van Smuts, in 1950 in Groot Marico geroem het dat hy Beyers in die Vaalrivier doodgeskiet het.

Die boek “Marico Mambas” deur Piet Swanepoel vertel van die moord op Beyers en Jan Pieterse.

Related Articles

Back to top button