GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Brandon Neveling van Hoërskool Nylstroom se eerste krieketspan vier een van die drie paaltjies wat hy tydens die wedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer platgetrek het. Hoërskool Frikkie Meyer het die wedstryd, wat op Saterdag 1 September plaasgevind het, met 30 lopies gewen. Foto: Herman Steyn

 

Hoërskool Hans Strijdom en Hoërskool Warmbad se o.15-krieketspanne het op Saterdag 8 September op die Warries se tuisveld teen mekaar te staan gekom. Die Hansies het die wedstryd met 136 lopies gewen. Op die foto is Taylor Snyman, een van die Hansies se topspelers, wat 64 lopies aangeteken het. Hy is goed bygestaan deur Wilke du Plessis wat 50 lopies aangeteken het. Foto: Herman Steyn

 

Bosveldspruitjies Kleuterskool in Bela-Bela het op Woensdag 29 Augustus hul jaarlikse atletiekbyeenkoms op Hoërskool Warm-bad se terrein aangebied en die byeenkoms was groter en beter as tevore. Om die byeenkoms verder op te kikker, het die skool die byeenkoms vanjaar met ’n superhelde-tema aangebied wat aan jonk en oud groot vermaak besorg het.

 

Hierdie meisiegimnaste van die Warmbad-gimnastiek en -tuimelklub het op Saterdag 1 September aan ’n vriendskaplike tuimelkompetisie deelgeneem en baie goed gevaar. Voor is Christi Paul (eerste plek), Zlata Ragozina (eerste), Karoley le Roux (tweede), Silara van der Merwe (tweede), Kailie Scheepers (derde) en Milé Boshoff (tweede). Agter staan Alche Volsckenk (vierde), Simoné Maartens (sesde), Janke Nortjé (eerste), Suzaan Bekker (vierde) en Julie Marais (vierde). Amelia Louw (tweede) was afwesig met die neem van die foto.

 

Dié gimnaste van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het op Saterdag 1 September aan die Limpopo-tuimelkampioenskap deelgeneem en die medaljes ingeryg. Voor is Mckayla Vermaak (goud) en Mia Strydom (goud). Agter is Jessica Carr (goud), Albert Groothof (goud) en Amoné van Niekerk (silwer). Desiré Jacobs (goud) was afwesig met die neem van die foto.

 

Die vlak 4-7 artistiese gimnaste van die Ecarté-gimnastiekklub in Modimolle het op Saterdag 18 Augustus met die louere weggestap tydens die Waterberg-distrikskampioenskap in Thabazimbi. Hulle het koning gekraai in elke afdeling wat apparaat-medaljes en algehele plekke betref. Hierdie gimnaste is ook ingesluit in die distrikspan wat die Waterberge tydens die Limpopo-kampioenskap gaan verteenwoordig. Voor sit Alyssa van der Walt, Kialize Swart en Rialet Potgieter. In die middel is Bianca Engelbrecht, Zelri Prinsloo en Danike Nortman. Agter staan Shiane van Tonder, Wessel Swart, Gerrit Engelbrecht, Zéke Coetzer, Colin Boshoff, Stiaan Opperman en Anri Briel. Op die twee inlasfoto’s verskyn Mario Opperman en Luschke Fouché. Die gimnaste word afgerig deur Charléne Engelbrecht.

 

Hierdie seunsgimnaste van die Warmbad gimnastiek- en tuimelklub het op Saterdag 1 September goed gevaar tydens die ’n vriendskaplike tuimelkompetisie wat by dié klub gehou is. Voor is Julian Hughes (eerste). In die middel is Luca Boshoff (eerste), Dewald Bekker (tweede) en Hendrik le Roux (derde). Agter staan Dirk Brits (derde), Pieter van Emmenis (eerste) en Evan Scheepers (tweede).

 

Marnus Janse van Rensburg en Liam Murray van die Waterbergskool vir CVO het op Saterdag 25 Augustus aan die skool se skaakstreekkampioenskap deelgeneem. Liam het tweede geëindig en Marnus vierde. Albei is deur na die landwye skaakkampioenskap wat op Vrydag 7 September en Saterdag 8 September in Mokopane plaasgevind het.

 

These learners of Hoërskool Nylstroom have been chosen to represent the Limpopo chess team at a tournament being held during the coming holiday. From the left are Thato Selema, Rijvi Abdul Matin, Khutso Mahoai, Clement Mabotja, Thabang Ledwaba and Phemelo Makwela. Kabelo Matlala was absent. Photo: Herman Steyn

 

These three learners from Spa Park Primary School in Bela-Bela, Boipelo Makgae, Benjamin Mabuza and Nueshan Scott, competed at the District basketball championships in Mokopane on Saturday 1 September and were chosen for the provincial team that will compete against other teams in Polokwane on Saturday 15 September.

 

Die Waterberg-landloopbyeenkoms se finale ligabyeenkoms is op Woensdag 5 September by Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong gehou waarna die ligawenners aangekondig is. Laerskool Eugène N. Marais se o.7-, o.10-, 0.11- en o.12-seunsatlete, asook die o.12-meisies, is as ligawenners aangewys. Die landloopspan is as Waterberg-ligawenners gekroon. Elsa van der Merwe, Estie Muller en Sandra Welsh is die span se afrigters.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button