Local newsNews

Kruis op Kranskop staan weer hoog en trots

Die groep het die berg, wat 1 151 m bo seevlak is, uitgeklim en aan aktiwiteite en lofsang deelgeneem.

Die kruis op Kranskop buite Modimolle staan weer nadat ’n groep mense van verskillende Christen-, en privaat organisasies, kerke en skole op Saterdag 1 September, as deel van die Kranskop Youth Experience 2018-byeenkoms, die 12 m hoë kruis op die berg opgeknap en herplant het.

Die oorspronklike kruis is in 2013 opgerig en kan vanaf die N1-snelweg gesien word. Die groep het die berg, wat 1 151 m bo seevlak is, uitgeklim en aan aktiwiteite en lofsang deelgeneem.

Willie Roos van die Gateway Youth Foundation, wat die saamtrek gehelp organiseer het, het gesê die byeenkoms was daarop gemik om die nuwe generasie aan Jesus Christus op te dra. Foto: Andries van der Heyde

Related Articles

Back to top button