Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Kansa se Toktokkie het op Maandag 20 Augustus die leerders van Laerskool Warmbad en Bosveldspruitjies Kleuterskool besoek. Toktokkie het aan die leerders vertel hoe belangrik dit is om gesond te eet sodat ons liggame genoeg vitamines en minerale kan kry. Megan Trollip, Angelina Cortez, Carla Groothof en Janke Nortjé, vier Warries, het lekker op die verhoog saam met Toktokkie gedans.

 

Rata, ’n hulporganisasie in Modimolle, het met dankbare harte ’n groot skenking van kos, skoonmaak- en babaprodukte van leerders van Laerskool Nylstroom ontvang. Dié voorraad sal aan gesinne in nood gegee word. By die kinders staan Nanri Fourie, een van die onderwysers, en Hempies du Preez, skoolhoof.

 

(Warmpatat) Prettige Pappa!
Francois Grobler van Bela-Bela het tydens Bosveldspruitjies Kleuterskool se superheldatletiekaand op Woensdag 29 Augustus al dié moeite gedoen om soos die regte Batman te lyk om sy dogtertjie trots te maak.

 

Johan (77) en Fransie (76) Marx, jarelange inwoners van Bela-Bela, gaan die Bosveld ná 27 jaar vir die stad verruil wanneer hulle na Pretoria verhuis. Die egpaar was die afgelope sewe jaar die bestuurspan van Intaba Indle in Bospoort. Hulle bedank almal wat deel van hul lewens was en laat mooi Bosveld-herinneringe agter.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button