Local newsNews

Grondsake is op almal se lippe

“Die boere in Zimbabwe het gedeelde burgerskap gehad en hulle kon uit Zimbabwe skuif. Hier in Suid-Afrika het ons dit nie en ek gaan beslis nie Australië toe nie.”

’n Baie belangrike grondberaad word vandag en môre buite Bela-Bela gehou.

Dié netelige kwessie was ook tydens Agri Limpopo se kongres op Woensdag 22 Augustus by die Weesgerus-vankansieoord buite Modimolle op almal se lippe. Dan Kriek, president van Agri SA, het die gehoor toegespreek.

Kriek het die vorige dag saam met dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, met pres. Cyril Ramaphosa en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie, ’n ontmoeting hieroor gehad. Kriek het boere gemaan dat dit ’n tyd is om koelkop op te tree. “Om aan te hou om met die regering te praat, was nog altyd ons strategie,” het hy gesê.

“Die boere in Zimbabwe het gedeelde burgerskap gehad en hulle kon uit Zimbabwe skuif. Hier in Suid-Afrika het ons dit nie en ek gaan beslis nie Australië toe nie.”

Kriek het gesê dat boere in Zimbabwe buite die politiek gebly het en toe alles verloor het. Hy het klem daarop gelê dat georganiseerde landbou ten alle koste kommunikasiekanale met die regering moet oophou, omdat hy vermoed dat juis dít een van bydraende probleme in Zimbabwe was.

Related Articles

Back to top button