CrimeNews

Man voor oor minderjarige meisie

Hy is in Junie vasgetrek nadat die polisie etlike maande lank na hom en die minderjarige meisie gesoek het.

’n Man wat aangekla word van ontvoering, asook klagte wat verband hou met ’n seksuele oortreding met ’n minderjarige, se saak is vandeesweek in die hof in Modimolle uitgestel.

Die 48-jarige man was netjies geklee en is by die hof deur ’n familielid ondersteun. Hy is in Junie vasgetrek nadat die polisie etlike maande lank na hom en die minderjarige meisie, wat ingevolge wetgewing nie geïdentifiseer mag word nie, gesoek het. Hulle is glo uiteindelik op ’n plaas in die Lichtenburg-omgewing opgespoor nadat inwoners onraad vermoed het. Die kind is intussen aan haar familie terugbesorg.

Die man is vroeër onder streng voorwaardes op R5 000 borgtog vrygelaat. Hy mag geen kontak met die kind en haar familie maak nie en moes sy paspoort indien.

Landdros Pieter Manthata het die saak na Dinsdag 25 September uitgestel sodat sy regsverteenwoordiger ’n afskrif van die polisiedossier kan kry en met sy kliënt kan konsulteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button