LettersOpinion

Partye misbruik grondkwessie

Dit wat ons tans sien, is hoe politieke partye op ’n onverantwoordelike manier die grondkwessie misbruik vir populistiese steun met die oog op aanstaande jaar se algemene verkiesing.

Dr. Pieter Groenewald, VF-Plus-leier, skryf:

Politieke partye misbruik die grondkwessie om emosie in Suid-Afrika aan te jaag en dit kan onvoorsiene gevolge vir die toekoms inhou.

Dit was my boodskap tydens my ledeverklaring in die parlement. Ek het by verskeie geleenthede in die parlement gesê grond is ’n emosionele saak. Ek het ook by verskeie geleenthede ’n beroep op politieke partye gedoen om omsigtig om te gaan met die grondkwessie.

Dit wat ons tans sien, is hoe politieke partye op ’n onverantwoordelike manier die grondkwessie misbruik vir populistiese steun met die oog op aanstaande jaar se algemene verkiesing. Die uitsprake is uiters onverantwoordelik en dit verdeel die gemeenskap. Die standpunte wat ingeneem word, is gevaarlik en verhoog emosionele spanning in Suid-Afrika sodanig dat dit eindelik ’n verdeelde land sal veroorsaak.

Die VF-Plus doen ’n beroep op alle politieke partye om rasioneel te raak oor grond en om op te hou om die grondkwessie, en veral onteiening sonder vergoeding, te misbruik om hul eie onvermoë om kiesers te lok, te misbruik ten koste van die land se ekonomie.

Die ANC veral praat hieroor uit verskillende monde en maak gevaarlike uitsprake. Dit moet stopgesit word, anders gaan dit lei tot onvoorsiene gevolge vir Suid-Afrika.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button