LettersOpinion

Boere sal saamstaan teen onteiening

Die boere staan eendragtig saam teen die regering se voorneme om plase sonder of teen geringe vergoeding te onteien.

Jaco Kriel, voorsitter: Distrikslandbou-unie, Vaalwater, skryf:

Die algemene raad van die DLU-Vaalwater neem opnuut met groot kommer kennis van die regering se voorneme om as ’n proef-lopie plase sonder vergoeding te onteien.

Verder beskou ons dit as politiekery om die algehele ineenstorting van die regering te verdoesel en nou word onhaalbare beloftes aan kiesers gemaak om stemme te werf.

Die boere staan eendragtig saam teen die regering se voorneme om plase sonder of teen geringe vergoeding te onteien. Die landbougemeenskap is eenparig in sy be-sluit om enige onteiening met alle moontlike mag teen te staan omdat nie hulle of hul voorouers enige grond gesteel of onregmatig bekom het nie. Boere wie se grond getei-ken word vir onteiening, hetsy sonder of teen simboliese laer as markwaarde vergoe-ding, moet weier om hul grond af te staan.

Alle ander boere moet hierdie boere ten volle ondersteun in hul teenstand, want dit is niks anders as grondgrype (diefstal) nie. Al sou net een plaas onteien word en dit word toegelaat, sal dit die eerste domino wees wat ’n onkeerbare proses tot gevolg sal hê.

Die Limpopo-boere bevestig ook verder dat hulle die president van die TLU, Louis Meintjies, eendragtig ondersteun daarin dat ons geensins met die regering onderhandel oor ons besittings nie en dat geen ander instansie namens ons die reg het om daar-oor te onderhandel nie.

Die gemeenskap word versoek om by die landboustrukture deur middel van lidmaat-skap of bydrae tot TLU SA se regsfonds in te skakel. TLU SA het reeds besluit om in samewerking met AfriForum regsaksies te neem en verwelkom mense wat graag deel wil word van ’n plan om enige verdere optrede te onderneem.

Belangstellendes is welkom om Henk van de Graaf, voorsitter van TLU SA Noord-streek, te bel by tel. 076 563 3800.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button