Local sportSport

Crecy-boerevereniging hou suksesvolle gholfdag

Die doel van die dag was om geld vir die boerevereniging in te samel, en ook vir die Tehuis vir Bejaardes in die dorp en die Magrietjies-hulpgroep wat kankerpasiënte bystaan.

Die Crecy-boerevereniging in die Mookgophong-omgewing het op Vrydag 17 Augustus ’n gholfdag by die pragtige baan van die Euphoria-gholflandgoed net buite die dorp aangebied.

Die doel van die dag was om geld vir die boerevereniging in te samel, en ook vir die Tehuis vir Bejaardes in die dorp en die Magrietjies-hulpgroep wat kankerpasiënte bystaan.

“Ons wil graag voortbou op ons vorige jare se geslaagde gholfdae en bied baie goeie blootstelling aan uitstallers en ver-skaffers,” het Floris Booysen, voorsitter van die boerevereniging, gesê.

Volgens hom het 120 spelers deelgeneem. Die kompetisie was ’n vierbal en spanne het uit sakelui en boere bestaan.

Die gholfdag is altyd baie gewild en daar was nie ’n tekort aan borge en uitstallers nie.

Besondere groot pryse was vanjaar op die spel waarvan een ’n Toyota Etios was vir ’n kolhou (hole in one) op die 17de putjie. Ongelukkig was daar geen wenner vir hierdie prys nie.

Daar is ook by die 17de putjie ’n “tolhek” opgerig en die geld wat daar ingesamel is, is aan die Tehuis vir Bejaardes geskenk. Altesame R12 375 is ingesamel danksy die veiling en “tolhek”.

“Die gholfdag was van hoogstaande gehalte en die pragtige baan van Euphoria was in ’n uitstekende toestand,” het Booysen gesê.

Die span van Ipex het met 110 punte gewen en Nylsvley Game Traders was tweede met 112 punte. Tiaan Schoeman het die prys gewen vir die verste dryfhou en Simon Prinsloo, HD Hall en Spencer Claassen vir naaste aan die pen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button