Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die jaarlikse Cuppa vir Kansa is vanjaar op Saterdag 18 Augustus by Tsékámma Lodge buite Modimolle gehou. Die tema was “Kom kleur jou wêreld in” en die gewilde sangpaar Kaleidoskoop het die oggend opgetree. Estie Schreiber van SA Natural Products (SANP) was die spreker en het die ongeveer 355 gaste ingelig oor algehele gesondheid en die gebruik van natuurlike produkte. Kansa Waterberg het tydens dié geleentheid R43 945 ingesamel. Op die foto is Wilna van den Heever (Kansa), Schreiber, Ansie van Heerden (Kansa), Gerda Crous-Cloete (SANP) en Liezel Prinsloo (SANP).

 

Die bekende sanger Kevin Leo het op Vrydag 20 Julie in die saal by die Naboom Tuiste vir Bejaardes opgetree. Hierdie optrede is deur die Lewensvreug Dienssentrum aangebied en was ’n reusesukses. Meer as 200 mense het na hierdie gewilde kunstenaar gaan luister. Leo tree gereeld ten bate van liefdadigheid op en die sentrum kon die vertoning gratis aanbied. Hier word hy deur Paul van der Schyff, voorsitter van die dienssentrum, bedank.

 

Warmpatat: ’n Onthutste inwoner van Modimolle het dié polisievoertuig op Dinsdag 14 Augustus afgeneem waar dit voor ’n supermark op die parkering vir gestremdes gestaan het. “Die bestuurder het in die voertuig bly sit terwyl hy vir ’n vrou gewag het wat in die winkel in is. Sy was nie gestremd nie,” het die inwoner gesê. AO James Findlay, woordvoerder van die polisie, het by navraag gesê dat die polisie kennis dra van die voorval en ’n interne ondersoek reeds gedoen word. “As inwoners ’n klag teen ’n lid van die polisie het, is hulle welkom om die stasiebevelvoerder kol. Loekie Harmse of die Modimolle-kringbevelvoerder brig. Anneline Steyn te kontak sodat dit formeel ondersoek kan word,” het hy gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button