GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Laerskool Nylstroom se eerste krieketspan het op Donderdag 16 Augustus teen Laerskool Ellisras op die Nylies se veld gespeel en die wedstryd verloor. Hier vier een van die Nylies se uitblinkerboulers, Lukas van der Merwe, die paaltjie wat hy pas geneem het. Foto: Herman Steyn

 

Lede van die Nylstroom-jukskeiklub se A-span was die wenners tydens ’n opedag-wedstryd wat op Saterdag 28 Julie in Polokwane gehou is. Paul Riekert, Christo Horn, Piet Weideman en Matie Coetzee van die klub het ná ’n fel stryd teen die manne van die Pietersburg-rolbalklub, net-net daarin geslaag om met die goue medalje weg te stap.

 

Wihann Schalekamp, Cara van Rooyen en Mia Botha, atlete van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong, is vir die Limpopo-atletiekveldhardloopspan (off-road running) gekies. Hulle verteenwoordig Limpopo in September tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskap.

 

KT Sono from Hoërskool Warmbad was chosen for the Limpopo Academy Rugby Team that participated in the Craven Weeks’s Academy league during the school holidays. The Craven Rugby Week took place in Cape Town, during which his team won two out of three matches.

 

Dié skaakspelers van Hoërskool Warmbad het op Dinsdag 31 Julie ’n algehele derde plek by die skaak-interhoër in Lephalale ingepalm. Warrie-skaakspeler Blessing Samba is as algehele wenner van dié toernooi aangewys.

 

Dié leerders aan die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Saterdag 4 Augustus aan die streeklandloopbyeenkoms in Pretoria deelgeneem en puik gevaar. Voor is Nico Janse van Rensburg (tweede plek), Marnes Janse van Rensburg (derde) en Ruan Campher (vyfde). In die middel is Jani Stapelberg (eerste). Agter staan Althea Janse van Rensburg (tweede), Jacky Elliott (vyfde), Colin Elliott (derde), Melienke Vermaak (eerste) en Lize Stapelberg (vierde). Pieter Campher (tweede) was afwesig met die neem van die foto. Die leerders in die top drie het ook deurgedring na die landwye wedloop wat op Vrydag 7 September in Mokopane plaasvind.

 

Johann Marais van Hoërskool Hans Strijdom is vir die Bokkieweek se o.16-sewesrugbyspan gekies. Die span gaan tydens die Oktober-vakansie aan ’n toernooi in Vereeniging deelneem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button