CrimeNews

Werkgewer skiet glo sy werknemer

’n Man van Elandsfontein in die Bela-Bela-omgewing word van poging tot moord aangekla nadat hy na bewering op Sondag 8 Julie een van sy werkers geskiet het.

Die werker is twee dae ná die skietvoorval na die Bela-Bela-polisie waar hy ’n klag gelê het.

Die werker is egter nou self in die sop nadat ’n polisieondersoek bevind het dat hy vermoedelik onwettig in die land is.

Volgens die Bela-Bela-polisie spruit die oor en weer klagte uit ’n voorval toe Jacobus Johannes Pretorius (64) vermoedelik vir Polite Shikona (33), ’n Zimbabwiër, in die maag geskiet het.

Shikona is volgens die polisie in die Warmbad-hospitaal opgeneem en het daar aangesterk waarna hy ’n klag teen Pretorius gaan lê het.

Pretorius is op Woensdag 22 Julie in hegtenis geneem en aangekla en het op Donderdag 23 Julie in die Bela-Bela-landdroshof verskyn. Shikona is op Dinsdag 10 Julie in hegtenis geneem omdat hy volgens die polisie onwettig in die land is.

Die hof het borgtog van R1 000 aan Pretorius toegestaan. Hy moet weer op Donderdag 30 Augustus in die hof verskyn.

Shikona, wat steeds in aanhouding is, se volgende hofverskyning vind op Donderdag 23 Augustus plaas.

Related Articles

Back to top button