Local newsNews

Spoor kanker op dié manier gou op

Kanker is ’n ernstige siekte wat nie vermy kan word nie.

Bloedtoetse om te toets vir prostaatkanker word nou deurgaans by die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se kantoor in Modimolle gedoen en nie meer net op vasgestelde datums nie.

Bloedtoetse wat deurgestuur word na ’n laboratorium het die vingerprikmetode vervang.

Dit kos R150 en die uitslag is binne twee dae beskikbaar.

Dit is noodsaaklik om vooraf ’n afspraak te maak. Die registrasie en prosedure neem slegs 15 minute.

Vroue kan ook afsprake maak vir papsmere en borsondersoeke om kanker vroegtydig op te spoor. Die koste is R330.

Vir meer inligting skakel tel. (014) 717 3950.

Inwoners van Bela-Bela kan siftingstoetse vir kanker laat doen wanneer sr. Wilna van den Heever die dorp op Woensdag 29 Augustus besoek. Die toetse word by die NG-gemeente Warmbad-Wes se saal van 08:30 tot 16:30 gedoen. Papsmeer- en borsondersoeke word gedoen.

Die koste is R330 en dit neem sowat 25 minute. Bloedtoetse vir prostaatkanker kos R150 en velontledings met die FotoFinder-dermoskoop kos R150 vir drie moesies.
Afsprake kan by Ansie le Roux by tel. 072 031 5384 gemaak word.

Related Articles

Back to top button