GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Hoërskool Warmbad se seunshokkiespelers het tydens die skoolvakansie aan die Noordvaal o.19B-toernooi by Hoërskool Nelspruit in Mbombela deelgeneem. Die seuns het vyf wedstryde gespeel en algeheel agtste uit die 12 spanne geëindig. Die geleentheid was goeie blootstelling vir die skool en die Warrie-spelers het goeie ervaring opgedoen. Op die foto is die span tydens die toernooi.
Dié vier langasems van Laerskool Nylstroom het die afgelope twee maande aan die Limpopo-atletiek (LIMA) se landloopbyeenkomste deelgeneem en deurgedring na die Suid-Afrikaanse kam-pioenskap wat op Saterdag 8 September in Port Elizabeth plaasvind. Voor is Marlie Groenewald en Kayla van der Merwe en agter is Gerdu de Lange en Mizelle Groenewald.
Ricardo Booysen and KT Sono of Hoërskool Warmbad were part of the Limpopo cricket team and played in Polokwane against the Eastern Province during the recent school holiday.
Both KT en Ricardo scored 50 runs each during the tournament.
Amoné van Niekerk, Albert Groothof en Jessica Carr, wat deel is van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub, het op Saterdag 28 Julie aan ’n Matsport-geleentheid in Pretoria deelgeneem. Albert het ’n algehele eerste plek in vlak 6 behaal.
Ofentse Mokwena (gr. 11) en Henrique Huisamen (gr. 10) van Hoërskool Warmbad het tydens die skoolvakansie na Europa getoer waar hulle aan twee atletiekbyeenkomste in Frankryk en Switserland deelgeneem het. Henrique het ’n eerste, derde en sesde plek in gewigstoot, asook ’n vierde plek in skyfwerp behaal. Ofentse het ’n eerste plek in gewigstoot, ’n eerste plek in spiesgooi, ’n tweede plek in gewigstoot en ’n vyfde plek in skyfwerp verower.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button