Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

’n Bekende polisieman van Bela-Bela jag nie net skelms nie. Die afgelope klompie jaar het hy ook baie ure agter sy lessenaar deurgebring waar hy hom in die regte bekwaam het. AO Dana Smith van die Bela-Bela-polisie het op Vrydag 10 Augustus sy graad in regte deur Unisa behaal en amptelik as advokaat gekwalifiseer. Hy is in die proses om by die onafhanklike raad van advokate te registreer. Volgens Smith bly hy voorlopig ’n aktiewe polisiebeampte in Bela-Bela.
Die ATKV-Waterbergtak is vir die vierde agtereenvolgende jaar wenners van die ATKV-toekenning vir ’n projek van hoë gehalte met die kunste as fokus. Hulle het hierdie toeken-ning onder meer vir die aanbieding van die Waterberg-kunstefees ontvang. Pikkie Pienaar, voorsitter van die tak, het die toekenning tydens die algemene jaarvergadering met die ATKV by ATKV Klein-Kariba ontvang. Voor is die projekleiers Amanda Janse van Vuuren en Hannalie Kriek. Agter is Eureke Beukes, Johan van Staden, Rouel Beukes, Pikkie en Elize Pienaar en Berdine Redders.
Home Talje, a home for the disabled in Bela-Bela, received a surprise visit from Rotary members of America on Tuesday 31 July. The group from America investigated the possibility of a Rotary international grant to provide Talje with special beds, wheelchairs and assist with additional repairs. On the photo are Mark Rainier, previous Warmbaths president, Evie Eeds, previous president of Rotary Corsicana, Texas, Erika van Zyl, Huis Talje project manager, Alison and Steve Batlin from Rotary South Austin, Texas.
Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, staan hier by Caroline Sedutla, DA-raadslid van die Polokwane-munisipaliteit, tydens ’n Vrouedaggeselligheid in Polokwane wat deur DAWN, die DA in Limpopo se vrouebeweging, en Desirée van der Walt, voorsitter van die beweging, gereël is. Vroue is op Donderdag 9 Augustus tydens dié geleentheid gemotiveer, geïnspireer en suksesvolle vroue is in herinnering geroep.
Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se tak in Bela-Bela het op Vrouedag op Donderdag 9 Augustus ’n tee ten bate van Huis Tekna aangebied. Die sanger Chris Coetzer het die vroue na ver lande met sy sang weggevoer en dr. Blanché Verster het gepraat oor die uitdagings van jong Suid-Afrikaanse vroue. Dr. Mariëtte Emslie, wat in 2017 tydens ’n plaasaanval in die rug geskiet en gedeeltelik verlam is, het gesels oor die vrou in krisis. Op die foto is Stephanie Henning, Tinka de Villiers, Karien Bekker en Christelle Kotzenberg wat die geleentheid as gaste bygewoon het.
Die onderskeie skakelbeamptes en bestuurslede van die Vroue Landbou-unietakke (VLU) in die Soetdoringstreek het op Woensdag 8 Augustus ’n baie interessante werkwinkel by Delia Bogaards, skakelbeampte van die Soetdoringstreek, se huis in Modimolle bygewoon. Die werkwinkel is aangebied om die skakelbeamptes se skakelvaardighede op te skerp en hulle meer te leer oor die moets en moenies van skakelwerk. Op die foto is die vroue wat die werkwinkel bygewoon het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button