Local newsNews

Datum van Otto-begrafnis verskuif

Die gedenkdiens van Gert Otto (58) is aangeskuif tot Saterdag 11 Augustus

Die dag en plek waarop Gert Otto (58), oudinwoner van Bela-Bela, se gedenkdiens sou plaasvind, het verander.

Sy gedenkdiens vind nou op Saterdag 11 Augustus van 10:00 tot 12:00 by die AGS El Shaddai Kerk in Kretzschmarlaan in die dorp plaas.

Otto is op Dinsdag 10 Julie ná ’n vyf jaar lange stryd met ’n longtoestand in Spanje oorlede. Hy en sy metgesel, Silke von Eynern van die Bambelela-rehabilitasiesentrum buite Bela-Bela, was met vakansie in Spanje toe Otto in die Manacor-hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem is. Hy het ook daar gesterf.

Otto word oorleef deur sy ma, broers, susters en sy vier seuns wat almal in Europa woon, asook sy twee kleinkinders.

’n Seremonie sal ná afloop van die ge-denkdiens by Bambelela plaasvind. Mense wat die diens wil bywoon, kan per e-pos by calvinotto1@outlook.com bevestig.

Related Articles

Back to top button