AdvertorialBusinessNews

Landbouskou beloof iets vir hele gesin

Die Warmbad Veemark bied van 16-18 Augustus die tweede landbouskou op hul perseel buite Bela-Bela aan.

Die skou, wat ’n jaarlikse instelling is, beloof om vanjaar groter en beter te wees met vermaak vir die hele gesin.

Vanjaar se skou begin op Donderdag 16 Augustus om 08:00. Die diere sal van 08:00-17:00 beoordeel word en die stalletjies en biertuin is elke dag van 08:00 af oop. Daar sal ook springkastele vir die kinders wees.

’n Rodeo’s-aand vind Donderdagaand plaas waartydens gaste op die meganiese bul kan ry.

Die beoordeling van die beeste, skape, bokke en pluimvee vind die Donderdag en Vrydag om 08:00-17:00 plaas, waarna die prysuitdeling van die kampioene Vrydag om 18:00 plaasvind. Die interrasbeoordeling van die beeste vind die Saterdagoggend plaas.

Die volgende rasse word tydens die skou beoordeel: dorpers, wit dorpers, boerbokke, Kalahari reds, Brahmaan-, Simmentaler-, Limousin- en Dexter-beeste. ’n Groot ver-skeidenheid ander rasse sal ook tydens die skou vertoon word.

Hope vermaak word vir die Vrydagaand beplan en gaskunstenaars sal van 18:00 optree. Die bekende Afrikaanse sanger, Appel, se optrede begin om 20:00.

Kleuterskool Bosveldspruitjies se trompoppies tree die Saterdag om 10:00 op en die kleinvee- en pluimveeveilings begin om 11:00. Die rugby sal Saterdag op ’n grootskerm uitgesaai word terwyl almal heerlik saamkuier.

Toegang vir die Donderdag is R20, Vrydag R80 en vir Saterdag R20 en kan by die hek betaal word. ’n Toegangspakket vir die naweek is ook beskikbaar teen R100.
Kleuterskool- en laerskoolleerders se toegang vir die Vrydag is gratis en hoërskoolleerders betaal halfprys. Besoek gerus ook die Warmbad Veemark Skou-Facebookblad vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button