Local newsNews

VLU-vroue woeker in die winter

Die vroue van die VLU Olienaandtak in Modimolle het die winterkoue in Julie teëgewerk deur besig te bly.

Die groep het op Saterdag 7 Julie geleer hoe om die lekkernye makrolletjies (macaroons) en palmiers met tuisgemaakte blaardeeg te maak.

Elma Kleynhans van die Nylstroomtak het aan die vroue gedemonstreer hoe om die versnaperinge om te tower en raad uitgedeel oor hoe om die perfekte fyn tamatiekonfyt en lemoenrepiemarmelade te maak.

Van die tak se lede het op Donderdag 12 Julie die “Borrelontbyt” op bobaaskonfytkoker Ina Lessing se plaas saam met VLU-lede van ander takke bygewoon. Lonka Bergsma, Stephanie du Plessis, Annelie Ehlers, Flos Oosthuizen, Retha Prinsloo, Pienie Stavast en Rea van der Walt het ’n heerlike oggend daar geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button