Local sportSport

Plaaslike rugbyspanne mik vir ’n goeie plek in uitspeelronde

Die Nylstroom-rugbyklub en die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela het ’n taai seisoen agter die rug.

Die spanne in die Waterbergliga berei nou voor vir die uitspeelwedstryde.

Die Nylstroomspan het die Mogol-rugbyklub van Lephalale op Vrydag 20 Julie oortuigend met 29-13 gewen.

Jannie Venter, Nylstroom-klubpresident, het gesê die wedstryd is heeltemal deur die Nylstroomspelers oorheers.

Die agterspeler wat veral uitgestaan het, was Dirk Dippenaar en Glen Nelson het druk op die opponente se voorry geplaas. Phillip Snyman, Bertus Laurens en Petrus van Staden was die sterspelers wat drieë vir hul span gedruk het. Tiaan Bestbier het drie doelskoppe en een strafskop vir Nylstroom deur die pale gejaag.

“Dit was ’n mooi wedstryd en lekker om Mogol met so ’n ordentlike telling te kon klop. Die manne speel baie mooi rugby,” het Venter gesê.

Nylstroom speel op Vrydag 27 Julie om 20:30 hul laaste groepwedstryd teen die Thabazimbi-rugbyklub op Hoërskool Nylstroom se velde. Uitspeelwedstryde vir ’n plek in die finaal begin daarna, het Venter gesê.

Hoewel die Kwaggas steeds sterk ondersteuning geniet en poog om hul dorp se naam hoog te hou, het die span ’n nederlaag teen die Naboom-rugbyklub beleef. Hierdie wedstryd het ook op Vrydag in Mookgophong plaasgevind.

Naboom het die Kwaggas met 64-7 geklop.

Chris Goosen, Kwagga-afrigter, het gesê al wat die span nou kan doen, is om hul spangees en strategie vir die volgende seisoen te verbeter en om nuwe borge vir volgende jaar te werf.

Die Kwaggas speel hul laaste groepwed-stryd op Vrydag 27 Julie om 20:00 teen die Loskop-rugbyklub op Hoërskool Warmbad se velde.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button