LettersOpinion

Hulp steeds nodig vir Eskom-saak

Ons dorpe is genoodsaak om ontslae te raak van die ontelbare skuld waarin die ANC ons getroue belastingbetalers gedompel het.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Baie dankie aan die Waterberg-sakekamer en elke inwoner van die Modimolle-Mookgophong munisipale gebied vir geldelike hulp wat daartoe bygedra het dat daar nog krag en water in ons dorpe is.

Veral groot dank aan die weduwees wat maandeliks R50 bydra om die hofgeding teen Eskom te laat vlot.

Ons dorpe is genoodsaak om ontslae te raak van die ontelbare skuld waarin die ANC ons getroue belastingbetalers gedompel het.

Die 90 dae grasie vir krag is besig om ten einde te loop en daar kan verwag word dat Eskom weer met sy geboelie sal begin. Gelukkig is daar intussen van sekere mense wat soos ’n virus in die Modimolle Kremlin was, ontslae geraak, maar die skade is gedoen.

Ek pleit by inwoners om aan te hou veg en die sakekamer te help om die hofgeding, wat die eerste van sy soort is, suksesvol deur te voer.

Daar is volledig verslag gedoen oor die vordering van die regsgeding tydens ’n ope-vergadering op Donderdag 12 Julie. Soos gewoonlik is dit nie deur mense met vrae en toe beursies bygewoon nie!

Die sakekamer en inligtingskantoor waar u bydraes kan maak en inligting ontvang is by Nylstene in die dorp geleë.

Related Articles

Back to top button