Local newsNews

Een, twee, drie blok myself

“Iemand het my vertel dat die klein ruitjie wat Boer stukkend geslaan kon kry, duurder is as die groot ruit! Nou weet ek nie ...”

Florette Bridger van Vaalwater is iemand wat ’n plan kan maak, maar toe haar motor onlangs outomaties agter haar gesluit het (boonop met die sleutel in) het sy met die hande in die hare gestaan.

Volgens Bridger het sy en haar vyf honde op Vrydag 6 Julie met sonsak na Boer Coetzee se plaas, ’n hele ent van waar sy woon, gestap vir hulp. “Jy sal nie glo nie, maar ek kon nie my motor se ruit met ’n hamer stukkend geslaan kry nie. Daar sit nou vier duike in die passasiersruit,” het sy vertel.

Coetzee kon daarin slaag om die voertuig se klein ruitjie stukkend te slaan sodat hulle die motor se sleutel kon bykom.

Volgens Bridger weet sy nie hoeveel dit haar gaan kos om te herstel nie. “Iemand het my vertel dat die klein ruitjie wat Boer stukkend geslaan kon kry, duurder is as die groot ruit! Nou weet ek nie …”

Bridger, wat in Durban gebore is, bly sedert 2013 in Vaalwater. Sy doen van pottebakkery tot naaldwerk en maak die heerlikste geregte. Sy het onder meer in ’n bruidswinkel in Pinetown gewerk en het aan Die Pos gesê sy is mal oor haar plekkie in Vaalwater waar sy met haar industriële masjien werk. Sy gebruik dié Joki-masjien om met dik lap te werk vir byvoorbeeld die maak van gordyne.

Bridger maak ook die heerlikste avokadopeerroomys en haar botterskorsiesop is onverbeterlik.

Related Articles

Back to top button