CrimeNews

Verdagtes in hof ná plaasaanval

Die twee mans wat in hegtenis geneem is in verband met die aanval op die Van Niekerk-egpaar in Junie is vermoedelik onwettige immigrante.

Volgens AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het die twee mans, wat onderskeidelik 32 en 28 jaar oud is, reeds in die hof verskyn. Hulle saak is uitgestel tot Woensdag 25 Julie vir verdere ondersoek. Die departement van binnelandse sake gaan hul name na om te bevestig of hulle regmatig in die land is. Hulle bly in aanhouding.

Die twee vermeende aanvallers is op Maandagnag 9 Julie in die Mookgophong-omgewing vasgetrek deur die Modimolle-speurdiens en Heritage Protection Group (HPG) ná die aanval op die afgetrede veeartspaar, drs. Hercu en Lesley van Niekerk op hul plaas in die Boekenhout-omgewing buite Modimolle.

Die 63-jarige Lesley is twee keer in die aanval gewond en in ’n kritieke toestand na ’n Pretoriase hospitaal gehaas. Sy is intussen ontslaan. Vier mans was glo by die aanval betrokke.

Volgens Findlay duur die soektog na die ander twee aanvallers voort. Een van die mans wat vasgetrek is, het volgens HPG voorheen vir die Van Niekerks gewerk.

Related Articles

Back to top button