AdvertorialBusinessNews

PROMOSIE: Leer hier van diere en hul maniere

Hoe meer dae, hoe meer dinge.

Dié spreekwoord is beslis van toepassing op Mystic Monkeys & Feathers-dierepark buite Bela-Bela op die Rust de Winter-pad. Want buiten al die eksotiese diere wat by dié park besigtig kan word, kan besoekers deesdae ook die grille en giere van ’n kolonie pikkewyne fyn dophou.

Die Bosveld is nie pikkewyne se natuurlike habitat nie, maar toe dié pikkewyne in Oktober 2017 nie meer by hul seewoning versorg kon word nie, het die bestuur van Mystic Monkeys & Feathers ’n paar veranderinge aangebring om vir die swart en wit “nonne” van die see ’n nuwe tuiste te skep.

Volgens Christa Saayman (eienaar) en Sarita Riegger (bestuurder) moet ’n mens met die versorging van die pikkewyne behoorlik kophou.

Die pikkewyne kry drie keer ’n dag kos wat met die hand gevoer moet word. Hulle eet gesamentlik 1 ton vis per maand. Elkeen van hulle het ook hul eie naam en om hulle uit te ken, het elkeen ’n bandjie om die poot wat ook help om hulle visinname te moniteer. Die pikkewyne is kieskeurig en vreet nie enige vis nie — net vars sardientjies. Saayman vertel dat “vars” beteken die vissies moet “nog styf wees. Sodra dit pap is, vreet hul dit nie”.

Pikkewyne wat tevrede en aangepas is by hul habitat sal begin broei en toe dié “waggelwyne” onlangs by Mystic Monkeys & Feathers begin eiers lê, het die bestuur geweet die program is ’n sukses.

Besoekers kan nie nét pikkewyne by dié dierepark besigtig nie. Daar is ook tiere van elke streep en kleur. Die bestuur vertel dat daar vyf soorte tiere is en by dié park word daar met al die soorte geteel. Dit sluit in die bekende Bengaalse tier (goudkleurig met duidelike strepe), die “Tabby”- tier (goud met ligte strepe), die sneeutier (spierwit), die wit tier (wit met swart strepe) en die “Strawberry”-tier (ligte goue kleur met donkerder strepe en wit onder die bors).

Die park het altesame 53 tiere waaronder vyf welpies waarvan drie wit tiere is en twee goue “Tabby” tiere.

En dan is die unieke ape by die park altyd ’n groot aantrekkingskrag. Die ooievaar het ook by hulle besoek afgelê en drie “Wolf monkeys” en drie “Red-faced spider monkeys” lê ewe knus in die “babakamer”.

Riegger sê min mense weet dat die “groot vyf” ook onder ape aangetref word, naamlik gorillas, oerangoetangs, sjimpansees, bonobo’s en gibbons. Die groot vyf het volgens Saayman nie sterte nie. Diana, een van die sjimpansees in die park, is dragtig en die nuwe kleinding behoort in Desember sy of haar opwagting te maak.

Mystic Monkeys & Feathers-dierepark is 365 dae van die jaar vanaf 09:00 tot 16:00 oop vir besoekers. Hulle beskik oor ’n restaurant met ’n heerlike spyskaart waar besoekers kan ontspan. Die restaurant is ook beskikbaar vir gesellighede soos partytjies, verlowings, intieme troues en skooltoere.

Vir besprekings of meer inligting bel vir Riegger by tel. 071 610 9359 of Saayman by tel. 082 566 4929 of stuur ’n e-pos na blouduiker@mweb.co.za(.) Besoek ook die Facebook-blad: Mystic Monkeys of die webblad: www.mysticmonkeys.co.za(.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button