Home/Galleries/Boekevat en kekkelbekke GalleriesSchools galleries Boekevat en kekkelbekke Skole spog met hul kulturele uitblinkers. July 23, 2018 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Janique Erasmus, ’n gr. 9-leerder aan Hoërskool Nylstroom, kan op haar voete dink as sy oor belangrike sake moet praat. Sy het op Saterdag 14 Julie haar gewig by dié van tientalle ander jong debatteerders van regoor die land gegooi tydens ’n debat oor die mishandeling van vroue en kinders en die lewe uit die oogpunt van ’n kind. Dié byeenkoms is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens gereël en het by die Southern Sun-hotel by die O.R Tambo-lughawe plaasgevind. Sy was tydens die uitdunrondes vroeër vandeesmaand eerste in die Modimolle-kring wat uit ses gebiede bestaan en daarna tweede in ’n groep van 12 polisiekringe. Volgens AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het Janique, wat Limpopo verteenwoordig het, haar goed van haar taak gekwyt. Dié onderwysstudente pak die praktiese deel van hul studies by Laerskool Nylstroom aan. Hulle is Corlie Bosman, Mienke van Jaarsveld en Esca Korff. Laerskool Nylstroom verwelkom vir Hannemi Harmse wat Afrikaans en ekonomiese bestuurswetenskap vir die gr. 7-leerders sal aanbied en sosiale wetenskappe vir die gr. 5-leerders. Sy was voorheen by die Waterbergskool vir CVO. Sy het ook op Maandag 16 Julie verjaar. You can read the full story on our App. Download it here. July 23, 2018 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print