Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die Pos-kinderfonds het gehelp om die Siza Ngo Thando-kleuterskool in die Bela-Bela-township na ’n nuwe perseel te verskuif. Die personeel en ouers van dié skool het die afgelope skoolvakansie hard gewerk om alles betyds klaar te kry vóór die skool op Dinsdag, 17 Julie, geopen het. Hier staan die trotse skoolhoof, Elsie Hlungwani, voor die nuwe kleuterskool op die eerste skooldag van die kwartaal.
Warmpatat: Dié advertensiebord lê al vir etlike maande langs een van Vaalwater se hoofpaaie op die hoek van die R33 en Melkrivierweg. Dit lyk nie asof iemand die beskadigde bord gaan verwyder nie, kla ’n leser.
Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) in Bela-Bela het op Dinsdag 17 Julie dienssertifikate aan twee lede oorhandig vir hul getroue diens. Elise van der Westhuizen het ’n sertifikaat ontvang vir 10 jaar diens en Susan de Klerk vir vyf jaar diens. Die SAVF is baie betrokke by die gemeenskap en dra by tot verskeie liefdadigheidsorganisasies.
’n Vrygewige koerantleser het Die Pos se personeel in Modimolle met dié stroopsoet rooinawels bederf. Hy kweek ’n verskeidenheid sitrusbome in sy erf. Hy raai mense aan om eerder sulke vrugtebome as blomme te plant. Dit is immergroen, lok bye en die vitamien C in die vrugte voorkom griep en verkoues, sê hy.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button