CrimeNews

Druk op die polisie se knoppie in geval van nood

In tye van nood is daar nie kans om nog na die polisie se telefoonnommer te soek nie.

“Knip dié nommers uit en bêre dit teen die yskas of stoor dit op ’n selfoon.”

Dit is die versoek wat AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, aan inwoners van Modimolle rig.

In tye van nood is daar nie kans om nog na die polisie se telefoonnommer te soek nie.

Findlay het ook gevra dat inwoners wat die polisie skakel eerste die nommer 10111 en dan die aanklagkantoor by tel. (014) 718 1055/6 probeer.

Slegs indien inwoners nie daar regkom nie, kan die volgende nommers gebel word: brig. Anneline Steyn, Modimolle kringbevelvoerder, by tel. 064 755 2597, kol. Loekie Harmse, stasiekommissaris, by tel. 082 446 5718, kapt. Michael Motadi van sigbaarheidspolisiëring by tel. 082 565 7938 of vir kapt. Pierre Nel, waarnemende bevelvoerder van die speurdiens, by tel. 082 565 7800.

Related Articles

Back to top button